Home Wines Muscadel Conservation Members Contact Us
 

Montagu Koöperatiewe Wynkelder Beperk is geleë aan die begin van die Klein Karoo streek, sowat 200km vanaf Kaapstad op Roete 62.

Montagu Muskadelboere Koöperasie (so genoem tot 1992) is op 17 Maart 1941 gestig onder lyding van Mnr DJ Burger Snr wat as voorsitter van 15 lede opgetree het. Daar is besluit om die gevestigde sakeperseel en kelderfasiliteite van die firma PJ Joubert te Badstraat te benut (net langs die Vic hotel). Vanaf 1942 is wyn vir ‘n paar jaar met die hulp van Mnr Joubert se personeel gemaak.
Die Koöperasie het egter vinnig gegroei en onder die voorsitterskap van Mnr KW du Toit is besluit om 'n huidige perseel in 1948 te koop. Die Kelder is gebou en wyn is gemaak onder die toesig van wynpioniers Dr. Costa en Mnr Moni. Monis se Marsala en Moscato het sy oorsprong in hierdie einste kelder gehad wat steeds net so vir ons eie produk gebruik word wat die tradisie dus laat voortleef.

Van 800t druiwe en 15 lede in 1942 het die kelder gegroei na 13 000ton en 61 lede in 2011. Muskadel maak egter net 400 ton van ons huidige produksie uit en slegs 'n eksklusiewe hoeveelheid word vir die publiek gemaak op die tadisionele metode. Die kelder maak op hierdie stadium rooi en wit gefortifiseerde muskadel.

Die kelder het nog net 3 volwaardige aangestelde wynmakers die afgelope klomp jare gehad wat begin het met Tom Visser in 1965, Sonny (Sonnie) Malan in 1972 (34 jaar en steeds betrokke) en nou Eben Rademeyer wat die oes van 2007 af hanteer in samewerking met sy baie betroubare kelder-tegnikus Collin Wright wat reeds sedert 1990 by die kelder is.

Die kelder berei verskeie kultivars rooiwyn en witwyn vir die handel; wat natuurlik ook ons welombekende Muskadel insluit.  Tans word 3 witwyne, 2 rooiwyne, 2 Soetwyne (rooi en wit muskadel) en wit druiwesap vervaardig vir ons bottelwynreeks. Die wyne word plaaslik bemark, maar ons maak gebruik van 'n wynafleweringsdiens wat op bestelling ons wyne landwyd teen 'n baie bekostigbare prys by die kliënt se voordeur lewer. Kontak gerus die kelder vir enige navraag.

         
Eben Rademeyer ons kelderbestuurder en wynmaker
Collin Wright ons keldertegnikus – reeds werksaam by die kelder vir meer as 20 jaar
Aldert Nieuwoudt our assistant winemaker
Esterine Roos ons Rekenmeester
Anna Joubert ons vriendelike proelokaalbeampte
Ons getroue werksspan. Agerster ry van lnr: Andries Weavers, Robert Windvogel, Zaundré Witbooi, Josua Booysen (vanaf 1984 werksaam by kelder), Daniel Smart, Simon Fluks (proelokaal hulp). Voor van lnr: David Sitona, Denzel Plaatjies, Molelekwa Matlotlo, Freek Jacobus en Vumile Makapela (Elsenburg Student).